Dit is presies wat Matthew Dick van Londen gedoen het. Matthew het die blokkiesraaiselredakteur van The Times, Richard Rogan, gevra om die woorde “will you marry me” kripties in ’n volgende blokkiesraaisel te versteek.

Matthew en sy meisie, Delyth Hughes, was in Cornwall op vakansie toe hy die koerant optel en die blokkiesraaisel begin invul. Toe hy klaar is, het hy die trouvraag onderstreep en aan haar gewys.

“Sy het geskok gelyk en niks vir omtrent ’n halwe minuut gesê nie,” vertel Matthew. En toe sê Delyth boonop “nee”! Gelukkig het sy net die gek met hom geskeer.

Delyth is vreeslik trots op hoe Matthew haar “so op sy bleeksiel-manier” gevra het om te trou.

Maar voor ander paartjies dieselfde idee wil gaps het Richard dit duidelik gemaak: hy gaan nie weer sy blokkiesraaisels so laat voorskryf nie.

Nou hoop ons net Matthew het genoeg woorde vir die toespraak op sy troudag.

Bronne: Mashable.com; The Times