Die verliefde man het die woord “liefde” gespel en ’n hart gerangskik met ronde bokse vol van die seediere.

Hy het gekniel voor medestudente van die Universiteit van Nanjing, in die Jiangsu-provinsie in die ooste van China, en sy meisie gevra om met hom te trou.

En die vreemde liefdebetoning het goed afgeloop, want sy het ingestem.

“Ek het vanjaar eers gegradueer,” het hy sy geliefde gesê. “Ek kan nie bekostig om vir jou ’n motor of ’n huis te koop nie, maar ek het ’n hart wat jou tot die uithoeke van die aarde sal volg.”

Die woord “liefde” is gespel en ’n hart gerangskik met ronde bokse vol van die seediere. Foto: Magazine Features

Volgens die plaaslike media het hy die seekos gekies omdat dit een van haar gunstelinge is.

’n Desperate romantikus het in Junie probeer om sy eksmeisie terug te wen met 99 waatlemoene. 

Hy het die waatlemoene op die sokkerveld neergesit by die Henan-universiteit in Kaifeng, Oos-Sentraal-Henan, China, saam met ’n koek wat hy vir haar gekoop het.

Sy blink idee het nie juis volgens plan verloop nie, want sy geliefde het toe nooit opgedaag nie.

Daar was ’n groot samedromming van mense wat wou sien hoe die man, wie se naam nie bekendgemaak is nie, sy misterieuse meisie die hof maak.

Pleks daarvan het veiligheidswagte sy poging stopgesit en is hy gedwing om alleen huis toe te gaan.
 
Die skare was in ekstase toe ’n vriend van die jong man die waatlemoene gratis uitdeel sodat hulle dit huis toe kon neem.