Daar is steeds iets soos romanse in die regte lewe, nie net in die flieks nie! Craig Benzine het maande lank beplan hoe hy sy meisie, Chyna, die jawoord gaan vra.

Hy het haar nie na die Eiffel-toring of op ’n romantiese wegbreek na ’n eiland gevat nie; hy het YouTube gebruik

Craig, wat gereeld onder die naam WheezyWaiter video’s op YouTube laai, het oor die jare ’n hele paar aanhangers op hierdie sosiale netwerk gemaak.

Hy maak video’s oor absoluut alles.

Soms sal hy kommentaar lewe oor opspraakwekkende nuus, en ander kere sal hy net ’n beskuitjie eet of sy bed opmaak.

Hy het reeds meer as 1 000 video’s op YouTube.

’n Paar maande gelede het hy sy video’s se titels doelbewus so begin kies dat die eerste letter van die eerste woord later sou lees: Chyna Will You Marry Me?

Craig het Chyna toe gevra om dit aan hom terug te lees terwyl hy met ’n ring in die hand op een knie neergesak het.

Kyk die video om te sien wat haar antwoord was!

- Joanie Bergh 

BRONNE: mashable.com, YouTube.com