Dit is amper te goed om waar te wees! Tydens verbouings aan ’n anonieme man se huis het hy in sy kelder ’n klein fortuin ontdek.

Die 35-jarige man laat knap die laaste paar maande onder meer sy huis se kelder op. Hy het een van die mure geskuif en ’n lae plafon platgeslaan – en dis hier waar hy die skat gevind het. Die man het sy verhaal foto’s en al op Imgur onder die gebruikersnaam Brenik12 gedeel. “Ek en my familie woon in die huis wat ons ’n paar jaar gelede gekoop het,” verduidelik hy van die woning, wat in die laat 1940’s gebou is. Onder in die tas was ’n koerant uit die jaar 1951 en die eienaar vermoed die skat is rondom hierdie tyd versteek.

Treasure found in a home remodel

Lees ook: Paartjie ontdek skatkissies vol goud naby hul huis In die tas was drie bondeltjies note. Hy kon sy oë nie glo nie. “Sulke dinge gebeur nie met ons nie! Wat moet ons doen?” het hy by een van die foto’s geskryf. Tog was dit nie al nie.

Treasure found in a home remodel: The Saga Continues...

’n Week later het die man voortgegaan met die opknappingswerk aan die kelder. Tot sy verbasing het hy ’n tweede tas gevind. Altesaam was daar omtrent  R650 000 in die twee tasse!

Lees ook: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel

Die man het van die ouer, skaarser note verkoop en die geld by die bank gedeponeer.

Imgur-gebruikers het dadelik hom aangeraai om met ’n prokureur te praat oor wie se geld dit nou eintlik is - en dis inderdaad hulle geld.

En wat gaan hulle met die hope geld doen? Die gesin gaan hul huisverband afbetaal en moontlik na ’n nuwe huis trek.

Jy sou dink dit gebeur net in ’n fliek, maar hier is nou ’n storie om oor te vertel!

Bronne: mirror.co.uk, Imgur