Die welriekende produk is die skepping van Christian Poincheval, ’n 65-jarige uitvinder.

Christian verkoop die pille op pilulepet.com teen sowat R140 vir 60 kapsules. Die webtuiste beloof die pille sal “die gebruiker die Nuwejaar met stylvolle winde laat binnegaan”.

Die pille is ’n nuwe toevoeging tot Christian se arsenaal, wat insluit pille wat winde soos rose of viooltjies laat ruik, asook poeier wat troeteldiere se winde intoom hou.

Soos met die meeste nuwe uitvindsels was behoefte die rede vir hierdie skepping.

Hy het in 2006 saam met vriende geëet toe hy besef iemand in die restaurant het ’n gasaanval geloods.

“Ná die swaar ete was ons winde so erg dat ons amper versmoor het,” het hy aan die Telegraph gesê. “Die mense by die tafel langs ons s’n was glad nie gelukkig nie. Iemand moes iets doen.”

Christian beweer sy pille laat winde soos sjokolade en verminder ook opgeblasenheid omdat dit onder meer groente, vinkel, seewier, planthars, bloubosbessie en kakao bevat.

Bronne: Huffington Post, The Telegraph, The Mirror