“Dis wat ek gedink het. Ek was 12. Los my uit.”

In ’n reeks skreeusnaakse twiets deel die Twitter-gebruiker Kiran David die storie van hoe hy in gr. 7 geglo het hy het sy meisie swanger gemaak – deur net hande vas te hou.

“Voor julle die storie beoordeel, net ’n vinnige herinnering,” sê hy in sy eerste twiet. "Romeine 3:23."

Hy erken al is hy onaantreklik, is hy “koel danksy sy Britse aksent”.

Met dié dat sy pa ’n pastoor was, “was seks was nie eens ’n onderwerp in my huis nie. Ek het niks daaroor geweet nie, behalwe dat dit vir grootmense is.” Op hierdie punt van die storie het Kiran en sy meisie ’n paar maande lank uitgegaan. “Dis lank vir laerskool; daarom het ek gedink ons gaan enduit volhou. Die lewe is goed.” Tot op ’n dag . . .

En dis toe dat sy die bom los: Sy is swanger. “Ek het soos ’n riet begin bewe. Die wêreld het stilgestaan.”
Nadat sy ma ’n afspraak met die skoolhoof gemaak het, stap Kiran in sy slaapkamer op en neer en “probeer uitpluis waar ek kan werk kry om my verantwoordelikhede as ’n pa na te kom. Ek probeer om nie ’n luiaard te wees nie.”

Die volgende oggend word die jong seun met ’n plan van aksie wakker. “In die vergadering gaan ek aanspreeklikheid aanvaar. My sake hanteer, en dis al. Ek is 12.”

En toe dring dit tot hom deur.

Gelukkig het hy “nie in die moeilikheid beland nie. Glad nie. Die res van die jaar nooit daaroor gepraat nie.” Die meisie het die baba gehad.