Kapt. Johannes Ramphora het gesê die man is verlede week Donderdag in hegtenis geneem nadat sy 11-jarige seun vermoedelik uit hul huis gevlug het en na bure gegaan het.

“Vyf kinders tussen die ouderdom van twee en 16 is in die huis gevind. Die man se bure het die polisie ontbied,” het Johannes gesê.

“Hy word aangekla van aanranding en ontvoering. Sy vrou was tydens die inhegtenisneming in die huis, maar sy is een van die vermeende slagoffers.”

Dit blyk die kinders was in ongeskikte toestande aangehou en was mishandel.

Die polisie stel ondersoek in.