Die man, Rudi Efendi (30), het erken hy het die man vermoor nadat hy ontdek het sy vrou was nie op hul huweliksnag meer ’n maagd nie. Sy het hom vertel die man het haar verkrag, en Rudi het hom uit wraak doodgemaak.

Rudi hou vol hy het alleen opgetree en dat sy vrou nie betrokke was nie, maar die polisie dink hy jok. Volgens hulle het Rudi en sy vrou die man vermoor, sy geslagsdele afgesny en dit by hul huis gaan kook en geëet.

Hulle het dit glo gedoen omdat Rudi gedink het dit sal sy vreeslike kopsere verbeter.

Die slagoffer se lyk is vroeg in Oktober in ’n uitgebrande paneelwa gevind. Hy was ’n bestuurder en het vroeër met Rudi se vrou uitgegaan.

Die polisie sê nou Rudi en sy vrou het ’n ontmoeting met haar eks gereël, en met sy aankoms het Rudi hom doodgesteek.

“Die saak word nog ondersoek, maar ons het ’n sterk vermoede dit was moord met voorbedagte rade,” het ’n plaaslike polisiewoordvoerder gesê.

Bronne: DailyMail; Metro.co.uk