Damon Perry (23) was na bewering dronk terwyl hy ’n klomp episodes van The Walking Dead ná mekaar gekyk het. Toe dink hy sy vriend, Christopher Paquin, begin in ’n zombie verander.

Damon het Christopher toe glo met ’n elektriese kitaar en mikrogolfoond getakel en dood geslaan voor hy na buite gehardloop en mense in sy woonstelblok met ’n mes gedreig het.

The Walking Dead is gegrond op die strokiesboekreeks geskryf deur Robert Kirkman. Dit beeld die lewe uit in die weke en maande ná ’n zombie-apokalips.

BRON: New York Post, Channel24