Die 38-jarige man het erken dat hy sy vrou se liggaam uitgebrand en haar oorskot in sy agterplaas by sy huis by die Stingwater Trust Farm begrawe het nadat hy haar op 6 Oktober 2016 vermoor het, sê kapt. Kay Makhubele, ’n polisiewoordvoerder.

Kay sê die man het haar op 26 Oktober as vermis aangemeld, waarna die polisie en die gemeenskap ’n soektog na die vrou geloods het.

Nadat die polisie Vrydag ’n anonieme wenk ontvang het, het hulle die man ondervra en hy het toe erken hy’t die moord gepleeg.

Kay sê forensiese kenners en ’n honde-eenheid het die oorskot van die slagoffer opgegrawe om DNS-bewyse te kry.

Bron: News24