Beamptes sê ’n man van die Verenigde Koninkryk het twee vingerpunte aan sy regterhand verloor toe hy op die Pirates of the Carribean-rit by Walt Disney World se Magic Kingdom in Florida was.

Die voorval het Donderdagoggend plaasgevind.

Bo Jones van die Reedy Creek-brandweerstasie het aan die Orlando-stasie WKMG gesê die man het die punt van die ringvinger en pinkie verloor en is na ’n hospitaal geneem. Sy naam is nie bekendgemaak nie en sy toestand is onbekend.

Dit is onduidelik hoe die voorval plaasgevind het.

Disney-beamptes het die rit gestop en ondersoek. Dit is veilig verklaar en Donderdag heropen.

- Sapa