'n Amerikaanse man wil sy “100 persent ongerepte hare” vir R5 800 verkoop.

Die verkoper, wat in sy 30’s is, beweer hy het nog nooit ’n haardroër of haartang op sy hare van 68 cm gebruik nie en dit ook “nog nooit gekleur, gekartel of chemies behandel nie”.

Sy advertensie op Craiglist lui: “Net ernstige aanbiedings, asseblief.

“Hare kan afgeknip word op die tyd en plek en met die metode van jou keuse. Ek sal my hare afknip sodra ek betaling ontvang het.”

Die ou beskryf sy lang lokke as “gitswart, soos wat ’n raaf in die maanlig skitter; die kleur van ’n diep, donker slaap”.