[caption id="attachment_152598" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Die man is vermoedelik deur sleurstrome meegesleur.

Die 21-jarige man wat amper verdrink en deur die vermiste man gered is, is net ná 15:00 gestabiliseer en na die George-provinsiale hospitaal geneem.

Paramedici van ER24 het met hul aankoms afgekom op die 21-jarige man op die strand, omring deur ’n groep mense.

“Die man was baie benoud in die water. Sy familielid het dit gesien en het die see ingevaar om hom te red, en hy het dit reggekry, maar toe word hy deur die gety meegesleur. Met ons aankoms was hy (die geredde man) reeds uit die water. Hy was baie emosioneel toe paramedici op die toneel aankom,” sê Annine Dormehl, ER24-woordvoerder.

Annine het mense aangemoedig om soveel hulp as moontlik te kry voor hulle ander in die see probeer help, veral tydens hooggety.

“Ons moedig altyd mense aan om te swem in plekke waar hulle veilig voel. As jy voel jy kan iemand help, kyk eerder eerste of daar nie ’n lewensredder is wat kan help nie.”

Plaaslike owerhede, insluitend die polisie, brandweer en reddingsdienste, is op die toneel vir verdere ondersoeke.

Bron: News24