Adam Armstrong (19) reis volgende week na Ibiza met sy meisie en familielede op die Ierse lugredery Ryanair. Sy meisie se stiefpa het per ongeluk vir hom ’n kaartjie onder sy Facebooknaam, Adam West, bespreek en moes R4200 - dubbel die prys van die kaartjie - betaal om die fout te laat regstel.

“Ek het my naam as ’n grap Adam West op Facebook gemaak omdat dit die akteur is wat Batman op televisie gespeel het,” vertel Adam.

Toe besluit Adam in plaas van om die “belaglike” regstellingsfooi vir sy vlugkaartjie te betaal, gaan hy veel eerder na die aktekantoor en verander sy naam wettig en gratis na Adam West. Nou het hy boonop sy nuwe paspoort ook gekry – uitgereik aan Adam West.

Die lugredery het só daarop reageer: “Ons vra ’n fooi vir naamverandering op vlugkaartjies om ongemagtigde aanlyn-reisagente te ontmoedig en te verhoed dat Ryanair se goedkoopste vlugratiewe teen opgeblase pryse aan niksvermoedende kliënte verkoop word.”

Bronne: dailymail.co.uk, elitedaily.com