Die owerheid in Japan het ’n man vasgetrek wat geruime tyd sowat 450 tweedehandse hoëhakskoene uit onder meer nagklubs gesteel het.

Volgens Jiji Press is Sjo Sato (28) eindelik in ’n spoggerige nagklub in Tokio se aantrekkamers betrap toe hy sy hande op sowat R60 000 se skoene en grimering wou kry.

Sato het erken hy het die aantrekkamers as “skatkiste” beskou en dat die steel van tweedehandse skoene hom “regtig baie vreugde” gebring het.

“Ek het nog nooit in splinternuwe hoëhakskoene belanggestel nie,” sê hy.

– Sapa-dpa/avb