Die ongeluk het by die kruising van Albert- en Crown-weg gebeur, het Russel Meiring, ER24-woordvoerder, gesê.

“Ongelukkig het die man talle brandwonde opgedoen en geen tekens van lewe getoon nie. Daar kon niks vir hom gedoen word nie.”

Plaaslike owerhede was op die toneel om die saak te ondersoek.

In ’n aparte voorval is vier mense Maandag beseer nadat drie voertuie op die N2 buite Potchefstroom gebots het.

Russel sê paramedic het ’n minibus en twee bakkies gevind wat langs die pad geparkeer gestaan het. “Sowat 40 mense is gevind waar hulle op die toneel loop. Paramedici het die pasiënte ondersoek en gevind dat slegs vier beseer was.”

In ’n derde voorval Maandag het ’n man in Ballito, Durban gesterf nadat ’n swart BMW teen twee stilstaande voertuie langs die N2 suid gebots het, het paramedici van Netcare 911 gesê.

Twee voertuie was langs die hoofweg geparkeer om ’n pap motorband te vervang toe die BMW teen hulle gebots het, het Chris Botha, ’n Netcare 911-woordvoerder, gesê.

Ses mense is vir beserings behandel.

Die polisie ondersoek die saak.

Bron: News24