[caption id="attachment_142326" align="alignnone" width="600"]Foto: CEN Foto: CEN[/caption]

Toe die eienaar besef hy het ’n opskudding veroorsaak, het hy al die foto’s uitgevee en verklaar die tatoes is ter wille van die hond se gesondheid aangebring.

Fernanda Soares, ’n prokureur in Brasilië, het die aandag op die foto’s gevestig. Dis vermoedelik gelaai deur die tatoekunstenaar Emerson Damasceno, die hond se eienaar. Nadat die herrie losgebars het, het Emerson sy van na Candido verander.

[caption id="attachment_142327" align="alignnone" width="600"]Foto: CEN Foto: CEN[/caption]

Op die foto’s lyk dit of die hond tatoes op sy bek en ore en langs sy oë het. Volgens Emerson het hy dit aangebring omdat hy geglo het dit kan die hond teen kanker beskerm.

Sy meisie het sy optrede op hul sosialenetwerkrekeninge verdedig. Sy het beweer die tatoes is aangebring nadat veeartse by die veeartsenyskool in Pocos de Caldas in Brasilië die hond ondersoek het.

Die veeartsenyskool het gesê die bewering is onwaar. Volgens hulle het hulle nog nooit so iets aan ’n hond gedoen nie en hulle keur dit beslis nie goed nie.

[caption id="attachment_142328" align="alignnone" width="598"]Foto: CEN Foto: CEN[/caption]

Talle bekendes in die veeartsenykundige veld het luidens berigte gesê die tatoes hou geen voordele vir die dier in nie; inteendeel, dit kan eerder probleme veroorsaak.

Emerson het later sy sosialemediarekeninge gesluit. Dis onduidelik of die polisie ondersoek instel.