“Mnr. George Wilhem Kerkhof, ’n Duitse burger, word van 37 aanklagte van die seksuele mishandeling van kinders en die handel van narkotiese middels aangekla,” het lt.kol. Lungelo Dlamini gesê.

Lungelo het gesê George het die misdade na bewering in Duitsland gepleeg voor hy in 2007 Suid-Afrika toe verhuis het.

“Die uitleweringsproses op versoek van die wetstoepassingsowerheid in Duitsland het verlede jaar begin,” het hy gesê.

George is by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe aan Interpol-amptenare oorhandig, waarna hy Duitsland toe is.