Volgens ER24 het die voertuig die pad verlaat en gerol.

Toe paramedici op die toneel aankom het hulle een passasier in ’n kritieke toestand op die agterste sitplek van die voertuig aangetref. ’n Ander passasier is skynbaar uit die motor geslinger en ’n paar meter daarvandaan gevind.

Die man op die grond het nog gelewe toe paramedici hom bereik, maar toe hulle hom na die hospitaal wou vervoer het sy hartklop vinnig gedaal. Nadat daar vir 20 minute lank gespook is om hom by te bring, is hy op die toneel dood verklaar.

Hoewel dit onbekend is presies hoeveel mense in die motor was, het ER24 bevestig minstens drie passasiers is dood. Die ander insittendes is almal in ’n kritieke toestand na nabygeleë hospitale vervoer.

Plaaslike wetstoepassers ondersoek die voorval.