Wat as die liefde van jou lewe reg voor jou is? Dit is die besef waartoe Aaron Chervenak op ’n dag gekom het. Maar daar was niks gewoons omtrent die voorwerp van sy liefde nie: Sy slimfoon.

2
Dis reg. Die Amerikaner is tydens ’n bisarre seremonie met sy selfoon getroud in die Little Las Vegas Chapel in die Amerikaanse staat Nevada.

“As ons heeltemal eerlik wil wees met onsself, is ons op soveel verskillende emosionele vlakke aan ons selfoon verbind,” sê hy in ’n video wat tydens die seremonie geneem is.

“Ons gebruik dit vir vertroosting, om ons te kalmeer, om ons aan die slaap te maak, om ons gerus te stel, en wat my betref, is dit die goed waaroor ’n verhouding gaan.

“Dus is my verhouding met my slimfoon in ’n sekere sin my langste verhouding,” het hy bygevoeg. “Dit is waarom ek wou kyk hoe dit voel om werklik met ’n foon te trou.”

3
Michael Kelly, die eienaar van die kapel, was verbaas om te hoor Aaron het van Los Angeles af gereis om in Las Vegas met sy foon te trou.

“Eers was dit iets soos ‘Hoe nou’?” het hy erken.

“En daarna het ek gesê: Goed, kom ons doen dit,” en bygevoeg hulle “kry nie baie mense wat met lewelose voorwerpe wil trou nie”.

Hy kon egter ondanks alles die redenasie agter die troue verstaan.

“Mense is so verbind aan hul foon en hulle leef die hele tyd daarmee saam,” het hy gemymer. “Hulle het die foon 24 uur per dag by hulle. Hulle gaan slaap met hul selfoon. Hulle word met hul selfoon wakker. Dit is soms die eerste ding wat hulle nagaan.”

Ná die ongewone seremonie het Aaron gesê: “Ek probeer om vir myself die moeilike vrae te stel oor wat hierdie verhouding nou eintlik beteken.”

Hoewel die huwelik nie wettig is in Nevada nie, het Aaron steeds daarin geslaag om ’n kragtige stelling te maak oor die manier waarop ons toenemende afhanklikheid van tegnologie ons gedrag beïnvloed.

Capture
“Ek hoop my troue sal op die een of ander manier as ’n simboliese gebaar dien om te toon hoe waardevol ons foon in ons daaglikse lewe geraak het.”

Hoe lief is jy vir jou foon?

Kyk hier na die hele seremonie:

Bronne: ktnv.com, youtube.com