Dié paartjie het beslis hul liefde vir mekaar behoorlik bewys.

Sy meisie was glo vreesbevange om die nasionale eksamen te skryf; dis ’n deurslaggewende toets wat bepaal of leerders universiteitstoelating kry.

Ayan het toe besluit om tot haar redding te kom deur ’n swart pruik, sy meisie se romp en bloes en grimering te dra. Maar sy poging om ekstra punte te kry, het misluk – hy is voorgekeer kort nadat hy die eksamenlokaal binnegekom het. “Ons het vermoed dis dalk ’n ander vrou wat die kandidaat se plek ingeneem het, maar het nooit kon dink dis ’n man nie, ten minste nie tot hy begin praat het nie. Hy het in ’n hoë stem gepraat, maar dit was duidelik dat hy ’n man is,” het ’n amptenaar van die eksamenraad gesê. ’n Plaaslike sakeman was so beïndruk deur Ayan se waagmoed dat hy ingestem het om die helfte van die boete te betaal. Van die hoërskoolleerders was ewe beïndruk. “Dit was ’n dom ding om te doen, maar baie romanties,” het Dariga Nesterova gesê. “Die liefde laat jou soms simpel goed aanvang. Ek wens my kêrel was so romanties.”

Bronne: dailymail.co.uk, elitedaily.com, news.yahoo.com