Van hulle het gedink hy keer terug uit die dood om by hulle te kom spook.

“Ek het opgemerk Zanthe se bene beweeg toe ek in die tou staan om sy lyk te besigtig. Ek kon my oë nie glo nie. Die rouklaers het omtrent in die lug opgespring van ongeloof.”

Brighton is op 34 by sy huis in Zimbabwe “dood” ná ’n lang siekbed.

Hy is na die Gweru Provinsiale Hospitaal geneem ná die skokkende voorval waar hy vir twee dae op ’n lewensondersteuningstelsel geplaas is voor hy ’n week later ontslaan is.

“Ek voel nou oukei,” sê hy. “Ek weet nie wat gebeur het nie en onthou net dat ek op ’n lewensondersteuningstelsel was. Ek het nog ’n kans gekry.”