pitbullbyt

Die voorval het omstreeks 15:00 in Rowanstraat in Rowallanpark gebeur, sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, aan Huisgenoot bevestig.

“’n Inwoner is ook gebyt ná hy probeer het om die honde te keer om die man verder aan te val. Maar in die stadium is die besonderhede vaag en die polisie het na aanleiding van die dierebeskermingswet ’n saak geopen,” sê sy.

Die saak het te doen met nalatigheid om te verhoed dat ’n dier ’n ander mens beseer. Hoewel sommige berigte sê twee honde het die man aangeval, het Priscilla aan Huisgenoot bevestig dit was wel drie.

“Die honde is deur die dieresorgvereniging verwyder en albei beseerdes is na die Livingstone-hospitaal geneem vir behandeling.”

Volgens Priscilla is die man in sy 50’s se identiteit nog nie vasgestel nie. Hy is glo in ’n baie ernstige toestand in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal.

“Die eienaar van die huis was na bewering nie tuis (toe die voorval gebeur het) nie,” het sy bygevoeg.

Priscilla sê die ondersoek duur voort.