Thomas Bennett het van ’n woonstelblok by die Universiteit van Hawaii in Honolulu na sy dood geval.

Die 24-jarige Britse landskapargitek, wat in Hawaii gewoon het, het ’n tiener van ’n vensterlys probeer red.

Maar die reddingspoging het op ’n tragedie uitgeloop toe albei mans val.

Thomas is dood. Die 19-jarige het die voorval oorleef, maar is in ’n bedenklike toestand.

Die tiener het luidens berigte ernstige beserings opgedoen, onder meer twee gebreekte bene en ’n gebreekte arm, ’n platgevalle long, ’n deels gebreekte rug en inwendige bloeding.

Die mediese ondersoeker van Honolulu het gesê Thomas is dood weens beserings wat hy tydens die val opgedoen het.

Bronne: The Telegraph, The Mirror