Die voorval het by die Ontdekkers- en Moutonweg-kruising plaasgevind. Met ER24-paramedici se aankoms op die toneel is die lyk van ’n man voor ’n ligte motor gevind.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het die man geen teken van lewe getoon nie. Ten spyte van verskeie pogings om sy lewe te red, het hy 20 minute later op die toneel beswyk.

Die vermoede bestaan dat ’n plaaslike wetstoepasser gesien het hoe verskeie gewapende mans probeer het om ’n ander man te kaap. Die wetstoepasser het daarna skote op die groep afgevuur.

Die saak word verder ondersoek.