Devon Staples en sy vriende het Saterdagaand gedrink en vuurwerke aangesteek in die agterplaas van ’n vriend se huis in Calais in die deelstaat Maine, Amerika.

Devon (22) het ’n vuurwerk-mortierbuis op sy kop geplaas en dit aangesteek.

Die vuurwerk het ontplof en hy is op slag dood.

Sy dood is die eerste noodlottige ongeluk in Maine waarby vuurwerke betrokke is sedert die staat dit op 1 Januarie 2012 gewettig het.

Amerikaanse politici in Maine het in 2011 gestem om ’n wet uit 1949, wat vuurwerke verbied, te herroep. Hulle het aangevoer dat die bedryf werk sou skep en bykomende inkomste vir die staatskas sou genereer.