Andres Lorente (50) is na die hospitaal gehaas met aaklikge brandwonde aan sy slukderm, keel en maag nadat hy gedink het daar was wit wyn in die glas by Bar Raconet in die Spaanse streek Castellón.

Volgens berigte het die kelner ‘n bottel wyn van die yskas geneem waarin iemand anders skynbaar bleikmiddel gegooi het. Die kelner het die reuklose vloeistof in die glas gegooi en aan Andres gebied.

"In voorkoms, kleur en tekstuur was die inhoud van die glas soortgelyk aan die wyn wat hy bestel het" het 'n naby bron bekend gemaak.

"Alles dui op 'n tragedie wat deur nalatigheid veroorsaak is eerder as 'n voorval met slegte bedoelinge"

Andres, ‘n geskeide pa van twee, het ‘n klein slukkie geneem voordat hy ‘n brandende gevoel in sy keel en maag ervaar het.

Hy is per ambulans na ‘n plaaslike kliniek geneem waar sy toestand as kritiek bestempel is. Andres het egter gesterf voor hy met ‘n lugambulans na ‘n spesialis geneem kon word.

Die eienaar van Bar Raconet is in hegtenis geneem op aanklag van manslag, maar is later vrygelaat. Die ondersoek duur voort.

Bronne: independent.co.uk, mirror.co.uk