Hy het die Sondagoggend vinnig sy tent en klere op sy motorfiets gepak, want hy was haastig om by sy gesin te kom om ‘‘die wonderlikste nuus’’ met hulle te deel.

Maar ongeveer 20 minute nadat hy sy motorfiets in Greytown in die Natalse Middelland vol brandstof gegooi het, het hy ’n slaggat getref.

Die volgende dag het mense landwyd met harsteer gepraat van Jan Pieters (51), die man wat gesterf het nadat hy daardie Vrydagaand by die prediker Angus Buchan se laaste Mighty Men (MM)-byeenkoms ’n ‘‘intense ontmoeting met God’’ gehad het.

Nou staan die wrak van sy groen 1800 cc-Suzuki Boulevard by sy familieonderneming, GM Paneelkloppers in Bethlehem in die Vrystaat, omring deur foto’s, blomme en drie kerse.

En sy weduwee, Malie (47), rou oor die tweede geliefde wat sy in ’n motorfietsongeluk aan die dood afstaan. Agt jaar gelede was dit Jan se 17-jarige seun, Mel, nou’s dit Jan.

Hulle gaan die fiets herstel, sê Gawie Pieters (27), Jan se oudste en die man wat nou aan die stuur van sake staan.

Dan gaan die fiets saam met sy pa se valhelm, sy leerbaadjie en ander items in ’n glaskas ten toon gestel word. ‘‘So iets laat jou lank en diep wonder,’’ sê Gawie.

‘‘Elke mens se uurglas is besig om leeg te loop en jy kan niks daaraan doen nie. As jou glasie leeg is, is hy leeg.’’

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 6 Mei 2010.

Bespreek vir Skouspel!