Volgens ER24 het die bestuurder van die VW Polo doodgebrand nadat hy nie betyds uit die voertuig kon kom nie.

Vyf van die taxi se passasiers is ook beseer in dié kop-aan-kop botsing. Een is in ’n kritieke toestand en die vier ander het geringe tot matige beserings opgedoen.   

Die beseerdes is na nabygelieë hospitale geneem vir verdere sorg.

Die polisie was op die toneel en is steeds besig met hul ondersoek.  

Die ongeluk het ongeveer 08:30 plaasgevind en volgens Netwerk24 sal die pas tot minstens 14:00 vanmiddag nog gesluit wees.