Toe paramedici om ongeveer agtuur op die toneel aankom, het hulle die man in die middel van die pad aangetref.

Volgens ER24 het hy veelvuldige beserings gehad en is hy op die toneel dood verklaar.

Die voertuig wat hom doodgery het, was nie meer op die toneel nie. 

Die polisie ondersoek die voorval.