’n Man is dood en nog ’n persoon kritiek beseer toe ’n hysbak Maandag drie verdiepings ver by ’n besigheid in Hunterstraat in die sentrale sakedistrik geval het.

Die eerste paramedici op die toneel is by die gebou ingeneem waar hulle ’n aantal mense rondom die ingang van die hysbak aangetref het, het die ER24-woordvoerder Russel Meiring gesê.

“By nadere ondersoek het paramedici die lewelose liggaam van ’n man en sy kritiek beseerde kollega gevind. Paramedici het in die hysbak geklim en albei pasiënte ondersoek. Ongelukkig het een van die pasiënte aan sy veelvuldige beserings beswyk,” het hy gesê.

“Die tweede pasiënt, ’n man, is in ’n kritieke toestand gevind. Paramedici en reddingsdienste het die pasiënt se beserings behandel en gevorderde lewensondersteuning op hom toegepas. Nadat hy uit die hysbak bevry is, is hy vir dringende mediese behandeling na die Addington-hospitaal geneem,” het Russel gesê.

Hy sê die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

Bron: News24