Die voorval het kort na vyfuur Sondagmiddag in Centurion plaasgevind.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, het gesê dat iemand besig was om noodhulp op die man toe te pas toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Hulle kon egter niks meer vir die man, vermoedelik in sy dertigerjare, gedoen word nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Dit is onseker presies wat tot die man se dood gelei het. Die saak word verder ondersoek.