[caption id="attachment_120206" align="alignnone" width="600"]Sy het 'n aanlynprofiel geskep en homself as 'n vrou voorgedoen. Die resultate was verrassend. Foto: YouTube Sy het 'n aanlynprofiel geskep en homself as 'n vrou voorgedoen. Die resultate was verrassend. Foto: YouTube[/caption]

“Ek het gedink: Wat as ek ’n vrou is?” vertel hy in ’n openhartige YouTube-video getiteld What if?

Die enkelloper het toe ’n profiel as ’n vrou op die gewilde afspraak-app Tinder opgestel. “Ek het gedink dalk leer ek tegnieke by mans wat by my probeer vlerksleep.”

Om die eksperiment geloofwaardig te maak, het Sy grimering en ’n pruik ingespan om hom in ’n 28-jarige vrou genaamd Simone te omskep.

[caption id="attachment_120207" align="alignnone" width="600"]Sy het homself omskep in 'n vrou genaamd Simone, kompleet met 'n pruik en grimmering. Foto: YouTube Sy het homself omskep in 'n vrou genaamd Simone, kompleet met 'n pruik en grimmering. Foto: YouTube[/caption]

En die resultate is ongelooflik. Drie dae daarna was Sy se inboks oorval met 400 boodskappe. “Dis absoluut ongelooflik. Ek is baie gewilder as ’n vrou.”

Maar eers toe hy die boodskappe lees, het die werklikheid hom getref. Hoewel hy ’n paar ordentlike boodskappe ontvang het, was meeste daarvan beledigend of net plein grillerig.

Een het gelui: “Do you like Harry Potter? If so, you should open up your Chamber of Secrets and let my Basilisk Slytherin.”

FotorCreated4

Hy sê “baie van die eerste boodskappe sou jy nooit vir iemand in ’n kroeg sê nie. Die bestes was die boodskappe wat opreg en gaaf was. Dit het my nogal geraak.”

FotorCreated5

Hy voeg by hy sal daardie soort “opregte” boodskappe gebruik wanneer hy weer aanlyn klets.

Lees ook op Huisgenoot.com:

‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel

Massamoordenaar Anders Breivik kla oor ‘onmenslike toestand’ van sy tronksel

Sorina jubel in HOOFLETTERS! ‘Braambossie’ se sussie is hier

George-man kry 37 keer lewenslange tronkstraf ná hy dogter se maats verkrag

Het jy ’n fotografiese geheue? Net een persent van mense kan dié raaisel oplos!