Soos baie mense wat bang is vir hierdie agtvoetige gediertes, wou hy daarvan ontslae raak. Die enigste vangplek? Omring deur vlambare brandstof het hy gekies om dit met ’n aansteker by te kom.

Die aanvanklike skok vir die spinnekop is dadelik met afgryse vervang toe die man se plan die hele petrolpomp in Center Line in Michigan in vlamme laat opgaan.

Videomateriaal van die voorval wys hoe die man oorbluf besef watter groot glips hy aangevang het. Dit terwyl die petrolpomp langs sy motor in vlamme opgaan, en vermoedelik die spinnekop daarby.

Gelukkig het die bestuurder kopgehou en ’n vuurblusser gegryp en vinnig die vlamme geblus. ’n Assistent by die vulstasie, Susan Adams, het ook die brandstoftoevoer na die pomp afgeskakel.

Die petrolpomp is in die voorval verwoes, en die bestuurder se motor het geringe skade opgedoen.

Volgens plaaslike mediabronne het die man onverskoning gevra en aan owerhede verduidelik dat hy van ’n spinnekop ontslae wou raak.

Die assistent het aan Fox2 gesê: “Hy was jammer, hy het gesê hy het nie geweet dit gaan gebeur nie. Dit is maar een van daardie dinge – onnoselheid.”

Die man was die volgende dag terug by die einste vulstasie om sy motor vol brandstof te maak.

Kyk hier na 'n video van die voorval:

Bronne: The Guardian, Gawker, Fox2