’n Man is buite die Londense huis van die hertog en hertogin van Cambridge dood nadat hy homself aan die brand gesteek het.

Die voorval het Dinsdagoggend omstreeks drieuur plaasgevind. Personeellede van die koninklike egpaar het die vlamme met ’n brandblusser probeer blus en die paramedici ontbiet, maar die man, wat glo in sy vroeë 40’s was, is op die toneel dood verklaar.

Lees ook: Plaaslike man deur nagadder gepik

’n Woordvoerder van Scotland Yard, die Britse polisiediens, het bevestig hulle het net ná drie ’n oproep ontvang om na Kensington-paleis te gaan. ’n Ambulans en die brandweer is ontbied.

Dit is nog onduidelik presies wat gebeur het, maar die polisie het bevestig geen misdaad word vermoed nie. Terreur en protesaksie is ook as moontlike oorsake uitgesluit.

Die Standard berig die polisie was vroeër op die uitkyk vir ’n geestesversteurde man wat net ná middernag uit ’n plaaslike hospitaal ontsnap het.

Lees ook: Prins William en Kate reël speelafsprake vir prins George

Dis ook nie onmiddellik duidelik of William en Kate en hul twee kinders by die paleis was toe die voorval plaasgevind het nie. Die paleis het nog nie ’n amptelike verklaring uitgereik nie.

Bronne: Independent; Metro; Huffington Post

Lees ook op Huisgenoot.com:

Atiesjoe! Hoekom sê jy ‘gesondheid’ as iemand nies?

Seun in hospitaal nadat hy met skaatsplank teen paal vasry

Skok wag op fietsdiewe – letterlik!

Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo

Oe-la-la! Karlien van Jaarsveld pronk in haar speelpakkie!