Die Johannesburgse nooddiens(EMS)-woordvoerder Robert Mulaudzi het gesê die man het na bewering petrol oor hom gegooi voor hy homself aan die brand gesteek het. Hy is op die toneel dood.

Die man is nog nie geïdentifiseer nie en die motief agter die daad word ondersoek. Volgens twiets op Montecasino se Twitter-rekening het die voorval buite een van die restaurante plaasgevind.

Daar word tans ’n ondersoek na die voorval gedoen.

Bron: News24