’n Man is in Saoedi-Arabië deur ’n sekuriteitskamera afgeneem waar hy doodluiters in die straat stap. In ’n stadium stop hy vir ’n oomblik om onder sy skoen te kyk, iets wat moontlik sy lewe gered het.

Enkele sekondes later tuimel ’n stuk ruitglas na benede en mis die man met sentimeters.

Hoewel dit gelyk het asof die glas die man se skouer geskraap het, blyk dit met die wegstap dat hy ongedeerd is.

Kyk na die dramatiese video hieronder:

Bronne: huffingtonpost.com, youtube.com