Bryan Ray van Los Angeles in Amerika het meer as R1 miljoen (oftewel £60 000) uitgegee in ’n poging om soos sy heldin Britney Spears te lyk. En die 31-jarige wil nie net soos die superster lyk nie, hy bestee ook ure daaraan om die Toxic-sangeres se danspassies te bestudeer en na te boots vir sy uitvoerings by nagklubs in Wes-Hollywood.

I'm still breathing

A photo posted by Bryan Ray (@beeray416) on

“Vandat ek jonk was, was daar iets oor Britney Spears en ek het gedink die kenmerke wat sy gehad het, was die volmaakte pakket,” sê Bryan, wat binnekort op ’n nuwe werklikheidsprogram sal verskyn wat voorlopig The Plastics of Hollywood heet.

“Ek was obesssief. Ek het al haar onderhoude gekyk, al haar choreografie geleer en toe betaal om dieselfde volmaakte glimlag te hê, want ek het in daardie tyd gevoel ons is baie eenders.” Bryan, wat ’n dagga-kosonderneming bestuur, het op 17 jaar sy reis met plastiese snykunde begin toe hy Britney se kenmerkende glimlag probeer naboots het. “Ek het soos Britney Spears probeer lyk. Die chirurge wat my oplegsels ontwerp het, het my gevra op watter glansmens se glimlag ek myne wil grond, en dit was hare.”

??

A video posted by Bryan Ray (@beeray416) on

Sedertdien het Bryan meer as 90 kosmetiese prosedures ondergaan – onder meer Botox, vetinspuitings, ’n neusoperasie, laserhaarverwydering en lipvullers. Hy blaas ook elke maand meer as R6 500 op skoonheidsprodukte om sy vel jeugdig te hou. “So baie mense noem my ‘Britney’ en vir lank het vriende my met die berugte aanhaling ‘It’s Britney, bitch!’ uit haar liedjie ‘Gimme More’ gegroet, waaroor ek absoluut dol is,” vertel Bryan, en voeg by hy het die sangeres drie keer ontmoet.

“Britney sal altyd een van my grootste inspirasies wees. Ek hou daarvan dat sy die grootste ster ter wêreld was, ’n ongelooflik moeilike tyd beleef het en bo uitgekom het.”

Bronne: Instagram, The Sun, The Mirror.