Dié 48-jarige boer van Tongxin in China het albei sy arms in 'n fratsongeluk verloor toe hy net sewe jaar oud was. Nietemin het hy op die familieplaas begin werk.
'Ek het geen arms nie, maar ek het goeie voete'
Sy pa is dood toe hy 20 was, waarna dinge moeiliker vir hom en sy sieklike ma begin raak het. Hy wou haar help om minstensná 'n lang dag in die veld by die huis te kom waar 'n gesonde maaltyd op haar sou wag. Daarom het hy homself geleer plante verbou, vee verwerk en kook. Alles om sy ma soveel by te staan as kon. Onlangs het hy begin om ook voltyds na haar om te sien. Chen voer nou elke dag sy 91-jarige ma deur die lepel tussen sy tande vas te knyp.
Buiten kook en plaaswerk het Chen ook geleer om mandjies te vou om die pot aan die kook te hou. Chen raak baie kwaad as mense hom aanraai om te begin bedel vir geld. "Ek het geen arms nie, maar ek het goeie voete. Ek kan nie geld op daardie wyse maak nie," antwoord hy sulke mense kwaai.

Bronne: metro.co.uk, huffingtonpost.com