’n Chinese man wou so graag sy troetelskilpad saamvat op ’n vlug dat hy hom in ’n KFC-burger weggesteek het.

Die man, net bekend as Li, is by die Guangzhou Baiyun internasionale lughawe in China voorgekeer terwyl sy bagasie deur die X-straal masjien beweeg het. Veiligheidspersoneel het iets verdags by sy KFC-burger sien uitsteek, berig die koerant Guangzhou Daily.

Werkers het vermoed daar’s ’n skilpad in die burger, maar Li het volgehou daar is niks vreemds aan sy heerlike happie nie.

Die personeel het eindelik op sy troeteldier afgekom, en hy het gebieg dat hy die knapie in sy bagasie gesit het omdat hy dolgraag saam met sy “geliefde” skildpad wou vlieg.

Een van Li se vriende het toe ingestem om die diertjie te versorg terwyl hy weg is.