Paramedici het na die toneel by die ingang van ’n luukse kuslandgoed gejaag, het Dylan Meyrick, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, gesê.

Dylan sê die man het met sy voertuig teen die agterkant van sy vrou se motor vasgery wat voor hom by die landgoed se hek tot stilstand gekom het.

“Dit was ’n huishoudelike dispuut tussen man en vrou. Die man het in sy Toyota 86-sportmotor teen die agterkant van sy vrou se Mini by die kompleks se hek vasgery. Albei voertuie, sowel as die hek en die heining is erg beskadig. Die vrou en ’n derde party het voor ons aankoms van die toneel gevlug.”

Bron: News24

Lees ook:

Twee Vrystaatse kinders sterf in geslote motor

Raaiselagtige dood van Tafelberg-stapper