’n Rustenburgse man het sy vrou en toe homself Dinsdag vroegoggend doodgeskiet berig Netwerk24.

Die egpaar se 14-jarige seun het aan sy ouers se kamerdeur geklop en toe hy geen antwoord kry nie, het hy ingegaan, het sers. ­Kealeboga Molale, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die seun het sy ouers se lyke gesien met skietwonde en die geweer langs hulle,” het sy gesê.

Die omstandighede wat tot die gebeure gelei het, is nog onbekend.

Die egpaar het in Geelhoutpark in Rustenburg gewoon met hul twee kinders van 14 en tien jaar oud.

Bron: Netwerk24