Port Elizabeth -

Polisiewoordvoerder Kaptein Johan Reeder het aan News24 gesê die vrou het by die Cape Recife-skool in Somerstrand gewerk. Daar word verstaan sy en haar man het in 'n argument in die skool se kombuis betrokke geraak.

"Dit was op daardie punt wat die 59-jarige man sy 46-jarige vrou drie keer geskiet het voor hy die geweer op homself gedraai het. Sy is hospitaal toe gejaag waar sy in 'n kritieke, maar stabiele toestand verkeer. Die man is ongelukkig op die toneel dood."

Daar word geglo die voorval het kort voor die skool se afskeidsdans gebeur.

Bron: News24