Die 54-jarige man, Larry McElroy, het Sondagaand die pantserdier met sy 9 mm-pistool geskiet. Owerhede bevestig die patroon het die dier gedood, maar dat dit wel van sy dop af teruggeskiet het. Dit het toe deur die deur van sy skoonma se mobiele huis gegaan, deur die bank waarop sy gesit het en haar in die rug getref.

Die 54-jarige man, Larry McElroy, het Sondagaand die pantserdier met sy 9 mm-pistool geskiet.

Die 74-jarige Carol Johnson se besering was nie lewensgevaarlik nie en sy kon glo ná die tyd rondloop en gesels. Larry was sowat 100 m van die mobiele huis af toe hy die dier geskiet het.

Bronne: walb.com, Yahoo News