Thomas Fleetwood, die bestuur van die Eden-hotel in Oostenryk, moes staatmaak op sy militêre opleiding toe hy sowat vier dae in ’n hysbak vasgesit het.

Hy is eindelik gered nadat ’n vriend opgelet het die pos begin buite die hotel ophoop.

Die vriend het dadelik die brandweer ontbied.

“Die hysbak het nog nooit probleme gegee nie. Dit was heeltemal onverwags. Ek’t ’n glaspaneel langs die voorste deur van die hysbak gebreek om vars lug te laat inkom,” sê Thomas.

“Ek’t probeer om deur die dak van die hysbak te klim maar dit het nie gewerk nie. Ek moes eenvoudig wag tot iemand my kom red.”

-Bang Showbizz