’n Klant by McDonald’s het onlangs by die kitskosrestaurant in Cork, Ierland in die vroeë oggendure in ’n kinderstoel vasgesit. Verskeie polisiebeamptes moes hom uit die penarie help.

“McDonald’s is bewus van die voorval toe ’n klant besluit het om in een van vier kinderstoele in Winthropstraat te sit. Ons beveel aan dat kinders nie die stoel sonder volwasse toesig gebruik nie!”

Die man is eindelik uit die kinderstoel gehelp en is nie gevra om te betaal nie.