Die ongeïdentifiseerde man van die Uighur-minderheidsgroep is blykbaar meermale gewaarsku voor hy beveel is om in die hof voor te kom. Sy vrou is twee jaar tronkstraf opgelê omdat sy ’n sluier gedra het wat haar gesig verberg het.
'Mans in China word ontmoedig om ’n baard te kweek omdat die owerheid glo dit hou verband met ekstremistiese oortuigings.'

Mans in China word ontmoedig om ’n baard te kweek omdat die owerheid glo dit hou verband met ekstremistiese oortuigings. Die Uighurs stem nie hiermee saam nie.

Die paartjie is skuldig bevind daaraan dat hulle “rusies begin en moeilikheid veroorsaak het”. Die man het “sy baard in 2010 begin kweek”, terwyl sy vrou “’n sluier en burka gedra het wat haar gesig verberg het”, het die koerant China Youth Daily berig.

In ’n veldtog genaamd Projek Skoonheid word vroue aangemoedig om hul hoof onbedek te laat en nie ’n sluier – ’n wydverspreide praktyk onder die Uighurs – te dra nie.

Bronne: dailymail.co.uk, metro.co.uk