Johnny Lee Banks van Birmingham, Alabama, en sy vrou het die instelling vir mediese wanpraktyk gedagvaar. Hulle soek ’n ongespesifiseerde bedrag.

Volgens die hofsaak het Johnny hom verlede maand by die Princeton Baptist mediese sentrum aangemeld vir ’n operasie om sy voorhuid te verwyder, maar het agterna besef sy manlikheid is verwyder.

Hulle beweer ook hy het gevolglik pyn ervaar, en sy vrou, Zelda, ly ook.

Die hospitaal en twee dokters is onder die beskuldigdes.

Bron: Sky News