Sy het met haar rug na hom gestaan toe die skoot klap. Haar hand het opgeskiet na die brandpyn in haar nek, toe voel sy die warm, klewerige bloed. My man het my geskiet! het dit deur haar gedagtes geflits.

Toe Daleen Potgieter omdraai, sien sy hoe haar beste vriendin hom probeer keer. “Asseblief, Manie, stop dit,” het Daleen nog probeer pleit, maar toe weergalm ’n tweede skoot deur die restaurant en sy kyk in afgryse toe hoe haar vriendin inmekaarsak met ’n bloedkol wat oor haar nek sprei.

En nou was daar ook nog ’n derde skoot, en sy voel hoe dit haar in die rug tref...

Met die gille van Daleen se twee kinders in sy ore het haar man op die vlug geslaan, maar die polisie sou hom die volgende dag al aankeer.

Dit was twee weke gelede. ’n Week gelede het hy toe eindelik die skeibrief geteken. Sy was verlos van die man wat haar bestaan jare lank in ’n tronk omskep het met sy obsessiewe jaloesie, en haar in vrees laat lewe het. Hoe hartseer net dat haar beste vriendin met haar lewe vir Manie se obsessie moes betaal...

Lees die volledige artikel in die uitgawe van 25 Maart.

Bespreek vir Skouspel!