Die liggaam van die man is met sy hande agter sy rug en met verskeie steekwonde in sy bolyf gevind. ’n Sekuriteitswag het die skokontdekking gemaak en die polisie ontbied.

Wetstoepassers vermoed die man is met ’n skerp voorwerk gesteek. Sy liggaam is in sy eie snoepwinkel se vrieskas gevind. Die winkel is langs die Geldenhuys-treinstasie in Germiston. Sy emosionele broer was ook op die toneel saam met die polisie.

Die motief vir die moord is nog onbekend, maar die Gautengse polisie ondersoek dit.

Bron: News24